Mosi II: Die kaal keiser diep in Rusland se gatsak

SKOUERS SKUUR EN ’N KNERTSIE VODKA

Mosi II: Die kaal keiser diep in Rusland se gatsak

Wanneer die internasionale belangstelling in die veelbesproke vlootoefening Mosi II oor ’n week gaan oorwaai en Rusland en China se skepe oor die horison verdwyn, is daar min twyfel oor wie as die grootste verloorders uit die petalje gaan tree. Dit gaan nié die Russe of die Chinese wees nie. ERIKA GIBSON het oorsigtelik na die ‘oefening’ gaan kyk.

WANNEER die Mosi II-oefening saam met Russiese en Chinese vloot verby is, gaan die Suid-Afrikaanse vloot steeds in ’n gehawende toestand wees omdat die regering steeds geen snars omgee of driekwart van sy skepe in Simonstad se hawe lê en vergaan nie. Saam met die regering se halsstarrige argumente oor die “voordele” van die oefening gaan die onomwonde feit egter wees dat die res van die wêreld en dié se vlote gaan besef dat die keiser inderdaad kaal is.

Die waarde van ’n vloot word in siniese terme daaraan gemeet of dit kan dryf, beweeg of baklei. Enkele van die Suid-Afrikaanse vaartuie kan darem nog dryf en met heelwat beperkings nog beweeg. Baklei dié kan hulle lankal nie meer nie en die meerderheid van die kanonne aan boord is nie meer gebore in staat om te skiet en te baklei nie.

Nog voor Mosi II afgeskop het, is die hoofdoelwitte bereik. Rusland het vir die wêreld ’n toffie gewys dat hy nog ’n paar vriende oor het. Sy spoggerigste skip, die Admiraal Gorshkov, met die Zircon-missiele wat glo die Weste laat bewe van angs, het al die pad tot in Richardsbaai gevaar vir dié magsvertoning...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.