Wagner-groep se huurtroepe bewaar Russiese belange in Afrika

BEHEERBARE CHAOS

Wagner-groep se huurtroepe bewaar Russiese belange in Afrika

Rusland beskou Afrika steeds as ’n streek waar hy mag kan projekteer – en voordeel uit oorvloedige natuurlike hulpbronne kan trek. Rusland se strategie is hierdie keer meer in winsbejag as in ideologie gewortel, skryf ALESSANDRO ARDUINO.

HUURSOLDATE is al sedert die tweede helfte van die 20ste eeu in Afrika teenwoordig. Hulle word gebruik om huidige leiers te beskerm of nuwes in konfliksones te vestig.

Die diens wat hulle bied – as huurmoordenaars – is al dekades lank wesenlik dieselfde. Maar hulle het  onlangs ’n evolusie ondergaan wat lande dwing om hulle rolle van nader te bekyk – en dit wissel van tegniese raadgewers tot frontlinievegters.

Vandag word huursoldate ingespan om state se buitelandse beleid te bevorder (https://www.mironline.ca/outsourcing-war-mercenaries-as-a-foreign-policy-tool/). En die Russiese regering is voor in dié koor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.