Die morsigste groepswoeps in ons demokratiese era

STAATSKAPING FASE TWEE

Die morsigste groepswoeps in ons demokratiese era

Hoe lank gaan die EFF-ANC-alliansie hou voor hulle mekaar probeer verorber en verbrysel? Sou die verhouding wel blom, glo JACQUES PAUW, sal Suid-Afrika fase twee van staatskaping betree.

DIE ANC en die Ekonomiese Vryheidsfront (EFF) se paringsdans in Johannesburg is nie net die morsigste groepswoeps in ons demokratiese era nie, maar het inwoners gelaat met ’n onbevoegde burgemeester, ’n ou tronkvoël in ’n sleutelposisie en ’n horde aasvoëls wat die begroting van biljoene rande omsingel.

En volgens al twee partye is die kaping van Suid-Afrika se grootste stad net die begin. Ná die ontseteling van die Demokratiese Alliansie (DA) en sy koalisievennote in Johannesburg is die ANC en die EFF se visier nou gerig op die naburige Ekurhuleni aan Johannesburg se Oos-Rand en Tshwane, voorheen Pretoria.

Die ANC en die EFF was voorheen in koalisies, maar dit het verbrokkel weens tweespalt oor wie watter posisies sou inpalm. Om ’n herhaling daarvan te verhoed het hulle ooreengekom dat die burgemeester aangewys sou word uit die geledere van hul kleiner koalisievennote. Die twee grootste partye sal dan die burgemeester beveel wat om te doen en wie om aan te stel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.