‘Suid-Afrika gaan dit maak. Ons het die regte mense en die...

DAAR IS HOOP

‘Suid-Afrika gaan dit maak. Ons het die regte mense en die regte gesprekke.’

Ons is op ’n donker plek, maar ons is nie die eerste land wat deur ’n tyd van verval moes gaan nie, sê Firoz Cachalia, die voorsitter van Cyril Ramaphosa se nasionale adviesraad teen korrupsie (Nacac). ANNELIESE BURGESS het met hom gesels oor waarom hy hoop het.

EK het ’n ou herinnering aan Firoz Cachalia: ’n ete om vriende se kombuistafel in Johannesburg. Die details oor wie se kombuis dit was, is vaag, maar die herinnering aan Cachalia is nie.

Hy was in daardie stadium op die kruin van sy politieke loopbaan – Gauteng se LUR vir gemeenskapsveiligheid. En ek onthou twee dinge van hom spesifiek: sy sagte, mymerende manier van praat; en sy entoesiasme oor die politiek as ’n instrument van verandering.

’n Paar jaar ná daardie tafelkuier, in 2008, kom Cachalia se politieke loopbaan tot ’n dramatiese einde toe die destydse premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, hom as LUR afdank. Daar word vurig ontken dat sy afdanking enigiets te doen het met die ANC se binnepolitiek, maar die DA se Jack Bloom het destyds gesê wat almal gedink het:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.