Uur van waarheid breek vir ANC aan

2022-LEIERSKAPSKONFERENSIE

Uur van waarheid breek vir ANC aan

Die ANC se seëvierende topses by Nasrec 2022 sal ’n meerderheid Suid-Afrikaners moet oorreed om in 2024 die party van John Dube, Albert Luthuli, Oliver Tambo en Nelson Mandela te red. Die vraag is of die huidige interne politieke magstryd so oorheersend is dat die ANC nie eens omgee dat hierdie konferensie allesbepalend vir 2024 is nie, skryf PIET CROUCAMP.

EK gaan in die dae wat kom my tyd verwyl by Nasrec in Johannesburg en die ANC se 55ste nasionale leierskapskonferensie. Dit is 2022 en die uur van waarheid vir Afrika se oudste bevrydingsbeweging het aangebreek.

Wat hierdie leierskapskonferensie van voriges onderskei, is dat die ANC op die rand daarvan staan om na afloop van die nasionale en provinsiale verkiesings in die herfs van 2024 vir die eerste keer sedert 1994 sonder ’n absolute meerderheid te moet regeer. Die leiers wat nou verkies word, moet ’n meerderheid Suid-Afrikaners kry om te stem vir ’n party wat die land en sy mense in byna elke opsig in die steek gelaat het. Sterkte.

Maar die waarskynlikheid is nie uitgesluit nie dat die party van John Dube, Albert Luthuli, Oliver Tambo en Nelson Mandela ’n preterminale fase betree het en in 2024 – ná 30 jaar van godskreiend onbeholpe regering – die sleutels van die Uniegebou aan ’n onbestendige alliansie van struwelende politieke vennote moet oorhandig. Moenie jou sitplekgordel losmaak nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.