Die openbare bedreiger, haar regskneg en ’n klei-os se agterstewe

LEKKER TOE

Die openbare bedreiger, haar regskneg en ’n klei-os se agterstewe

Gelukkig het die skietlustige veggeneraal Busisiwe Mkhwebane as openbare beskermer nie juis ’n geskiedenis van haar teikens tref nie, skryf JACQUES PAUW.

EK het grootgeword met ’n ma wat ’n dom persoon gebrandmerk het as “so toe soos ’n klei-os se agterstewe” (sy het die g-woord gebruik, maar uit respek vir die onderwerp van dié verslag weerhou ek my daarvan).

Ek sidder nietemin om te dink wat Moeder sou gemaak het van die kaperjolle van Suid-Afrika se openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, wat in Oktober 2016 vir Thuli Madonsela opgevolg het.

Dié twee verteenwoordig die jin en jang van Suid-Afrika se openbare dienaars. Die openbare beskermer is ingevolge artikel 181 van die Grondwet ’n instrument om ons demokrasie te versterk deur wanbestuur in staatsake te ondersoek, daaroor verslag te doen en regstellende stappe te bepaal. Dié stappe is bindend, soos wat Jacob Zuma en van sy makkers soos Bheki Cele, Brian Molefe en Lucky Montana tot hul spyt agtergekom het nadat Madonsela hulle oor haar skoot getrek het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.