Die medisyne vir historiese trauma

BOSE KRINGLOOP

Die medisyne vir historiese trauma

Historiese trauma het ’n sterk invloed op die identiteit en politiek-sosiale kultuur van volke en etniese groepe. Dit is waar van onder andere die Jode, die Palestyne, die inboorlinge in Australië en Nieu-Seeland, Afrikane en Afrikaners. Maar, wonder MAX DU PREEZ, is daar nie ’n saak uit te maak dat die vertroeteling van dié traumas ook teenproduktief vir lewende nasate kan wees nie? Dat dit in sommige gevalle selfs tot verlammende slagofferskap kan lei, of in ander gevalle as verskoning gebruik word om self ander te traumatiseer?

EK het op dié tema beland toe ek die laaste week verskeie verslae, nuusberigte en dokumentêre oor die huidige konflik tussen Israel en die Palestyne onder oë gehad het.

Dit is nie die plek om hier dié komplekse konflik te ontleed nie. En, laat ek dit maar vir die rekord sê, ek was al in Israel en die Palestynse gebiede en het begrip vir albei kante se vrese en drome. In beginsel is die Palestynse weerstand teen die Israelse besetting én Israel se verdediging van sy eie burgers legitiem.

Dit was die Israeli’s se aggressie, wraaksug en bloeddorstigheid wat my nou weer getref het. ’n Jong Palestynse militante, Khairy Alqam, het verlede week sewe Israeli’s in Oos-Jerusalem doodgeskiet voordat hy ook doodgeskiet is. Die Palestyne verwerp Israel se besetting van dié eens Palestynse gebied...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.