Die oorlog was verby, maar die ellende en verdeeldheid het...

120 JAAR LATER

Die oorlog was verby, maar die ellende en verdeeldheid het nog net begin

Dit was Dinsdag 120 jaar sedert die ondertekening van die Vrede van Vereeniging, waarmee die Anglo-Boereoorlog amptelik tot ’n einde gekom het. Dié tydsverloop beteken die herinneringe van armoede en trauma van ná die oorlog is besig om te vervaag, skryf ELSABÉ BRITS.

DIE oorlog se letsels was oral op die dor landskap te sien. Duisende skedels en beendere van die skape en beeste wat deur die Britte keelaf gesny is. Op party plekke het die bene nog net so in die klipkrale gelê. Tienduisende perde en muile het op die plek van uitputting en wanvoeding ineengesak.

Dit was soos Esegiël se Vallei van Beendere.

In wat eens die Transvaal (Zuid-Afrikaansche Republiek) en die Oranje Vrystaat was, is 30,000 plaashuise en buitegeboue afgebrand. Gevestigde vrugteboorde is afgekap, gesaaides het in vlamme opgegaan. Soms het die opstalle dae lank gebrand...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.