MET haar “windmakerige” kortgesnyde hare, aangetrek soos ’n ridder en in bevel op die slagveld tydens die 100-jarige oorlog tussen Frankryk en Engeland, het Johanna van Arkel (of Jeanne d'Arc, soos sy oorspronklik in Frans heet) onderdanigheid aan manlike oorheersing en die Katolieke Kerk verwerp.
Haar geloof in God eerder as in ’n instelling is as hoogverraad gesien. Nooit het sy beweer sy sien of hoor God self nie, net Sint Catherine (verafrikaans as Katharina) en Marguerite (Margareta) en die aartsengel Migael. Haar vyande sowel as haar aanhangers – nou en in die verlede – fokus dikwels op haar visioene en of sy sielkundig siek was of nie. Maar dít was Jeanne d'Arc beslis ook nie.
Swaard in die hand in haar riddersmondering op ’n perd wat geen ander vrou durf ry het nie en met ’n “heilige boodskap” is sy vort na die verloorkant van die Franse leër. Selfversekerd en oortuig van haar saak...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Die ‘Attagirl’ van Pretoria