‘Paradise was almost closing down’. Ja-nee.

STAAT SONDER REDE

‘Paradise was almost closing down’. Ja-nee.

Die pretensie van normaliteit. MAX DU PREEZ soek naarstiglik na hoop in pres. Cyril Ramaphosa se toespraak oor die stand van die land.

EK was gisteraand vasberade om my sinisme te beveg toe ek na die verrigtinge rondom die president se toespraak oor die toestand van die land op televisie begin kyk het.

Hou jou gemoed oop vir die moontlikheid van ’n werklike wending, het ek vir myself gesê. Moenie so ’n ou suurgat-pessimis wees nie, hoop is ’n wonderlike ding.

Ek begin so net ná vyfuur na die voorbereiding rondom die Kaapstadse stadsaal kyk. Dank die vader vir Kaapstad, geen ander stad in die land sou so ’n geleentheid in die middestad kon aanbied nie. Die parlement het mos laas jaar afgebrand soos ’n helse metafoor, en dit gaan, tipies, nog drie jaar of so vat om te herbou. ’n Kusile-en-Medupi-oomblik, dalk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.