Spesiale verslag | Die anatomie van ’n mislukte munisipaliteit

VAN FLOREREND NA VERPLETTER

Spesiale verslag | Die anatomie van ’n mislukte munisipaliteit

Die krag is soms vir weke op ’n slag af. Die plek verdrink in rommel en rioolvullis. Babas sterf in broeikaste. In Komani is ’n dekades lange munisipale krisis nou op ’n mespunt. ANNELIESE BURGESS vat die spoor na waar dit alles begin het en sê as jy verstaan wat in Komani gebeur het, dan verstaan jy wat in Suid-Afrika gebeur het. Maar ook wat ons te doen staan en hoe dit ’n gemeenskap oor ras en klas heen kan saamsnoer.

KOMANI is nie die mees neerdrukkende dorp in die Oos-Kaap waar ek al ooit was nie (daardie prys gee ek aan Middelburg, Molteno en Jamestown).

Hier, in die ou Queenstown, is daar darem nog dinge wat werk. Topskole, ’n nywerheidsgebied met fabrieke wat duisende werksgeleenthede skep en ’n stadskern wat die ekonomiese hartklop is vir die groter Chris Hani-distrik, wat dorpe soos Cradock, Middelburg, Tarkastad, Molteno, Hofmeyr, Cacadu, Dordrecht, Indwe, Cofimvaba, Tsomo, Cala, Khowa en Engcobo insluit.

As jy op ’n lomerige Saterdagmiddag deur Toptown sou ry, soos ek die afgelope week gedoen het, sou jy verskoon kon word as jy gedink het dat die mooi huise en tuine, netjiese sypaadjies en die indrukwekkende geboue en gemanikuurde sportvelde van Queen’s College en Girls’ High dié van ’n florerende plattelandse dorp is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.