Gesamentlike oefening gaan wys presies hóé sleg dit met SA vloot gaan

MOSI II

Gesamentlike oefening gaan wys presies hóé sleg dit met SA vloot gaan

Die ANC-regering span eersdaags die vloot in om sy flirtasie met Rusland verder te voer wanneer ’n gesamentlike vlootoefening, Oefening Mosi II, by Richardsbaai gehou word. China sal ook daar wees. Die werklikheid is egter dat die vloot wurg om twee diensbare vaartuie gereed te kry om darem te lyk of dit nog funksioneer. Dieselfde regering het die afgelope 20 jaar uit onkunde toegelaat dat die vloot meer ondiensbare vaartuie in die Simonstad-vlootbasis het as wat daar seewaardiges is, skryf ERIKA GIBSON.

VLADIMIR PUTIN stuur sy grootste en beste aanvalsfregat – die Admiraal Gorshkov – gewapen met Rusland se antwoord op die VSA se Patriot-missiel aan boord na die gesamentlike vlootoefening in Suid-Afrika. Die Russe gaan ook die leidende land wees tydens die oefening van 17 tot 27 Februarie. Dit is deel van die Gorshkov se internasionale nooiensvaart, sowel as die eerste keer dat dit ook met die hipersoniese Zircon-kruisermissiel vaar.

’n Aanvullingsvaartuig, die Kama, is kort agter die fregat nadat dit in Januarie vanaf Severomorsk, die fregat se tuisbasis, vertrek het. Daar was reeds ’n ongemaklikheid in die VSA toe die fregat in die weste van die Atlantiese Oseaan geoefen het om die Zircon af te vuur – veral omdat die missiel ’n reikafstand van meer as 1 000 km het.

Die Russiese media het die afgelope week bespiegel dat die oefening selfs gebruik gaan word om die Zircon af te vuur om die spreekwoordelike vuurwerk aan die geleentheid te verleen. Maar vlootkenners meen dit is onwaarskynlik – veral weens die ligging van Richardsbaai en die bestaande kommersiële skeephandelsroetes wat in die gedrang kan kom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.