Benodig: ’n nuwe UDF-tipe alliansie op pad na 2024

DIE RUBICON-VERKIESING

Benodig: ’n nuwe UDF-tipe alliansie op pad na 2024

In Suid-Afrika het die Rubicon baie sytakke wat van tyd tot tyd oorgesteek word, of meestal nie oorgesteek word nie. Maar oor sowat 18 maande kom die land sonder twyfel op die wal van die Groot Rubicon te staan: die algemene verkiesing waar die kiesers moet besluit of die ANC die land langer alleen moet regeer. MAX DU PREEZ glo die Demokratiese Alliansie kan ’n bepalende rol speel om die politieke landskap op pad na 2024 te verander, maar… En dit is ’n baie groot ‘maar’.

O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ’n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?

– NP van Wyk Louw

Van die DA se grootste befondsers het die party glo laat verstaan dat as dié party se leiers die rede is waarom die ANC in 2024 sou verkies om ’n regeringskoalisie met die EFF eerder as die DA aan te gaan, die geld heeltemal gaan opdroog...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.