Tronk wag dalk tog op staatskaper-voorbokke

DIE WIEL DRAAI BITTER STADIG, MAAR HY DRAAI

Tronk wag dalk tog op staatskaper-voorbokke

Daar is nou wel nog nie ’n senior figuur weens staatskaping in die tronk nie, maar daar ís vordering, skryf PIETER VAN DER MERWE.

DIT is nou meer as ses jaar sedert die destydse openbare beskermer, Thuli Madonsela, haar State of Capture (http://www.saflii.org/images/329756472-State-of-Capture.pdf)-verslag uitgereik het; amper net so lank sedert die media tienduisende e-posse van die Gupta-maatskappye onthul het; meer as vyf jaar sedert pres. Cyril Ramaphosa plegtig onderneem het om korrupsie uit te roei en regter Raymond Zondo se staatskapingskommissie sy eerste sitting gehad het; en amper drie jaar sedert die Ondersoekdirektoraat (OD) (https://www.npa.gov.za/investigating-directorate) gestig is om korrupsie te takel.

Die publiek is moeg vir die ewige verskonings dat dié sake kompleks is en dat die geldelike en menslike hulpbronne te beperk is.

Maar die wiel het nie heeltemal ophou draai nie. Volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het die jarelange werk van ondersoekers om bankstate, e-posse, verklarings, ondersoeke, verslae en kontrakte te fynkam, begin vrugte afwerp. Aanklaers het sedert verlede jaar ’n rits strafsake voor die hof begin bring...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.