Laat die land weer lig sien, een gemeenskap op ’n slag

’N PAD UIT DIE KRAGKRISIS

Laat die land weer lig sien, een gemeenskap op ’n slag

Pleks van Eskom van bo af te probeer red, lê die land se elektriese heil dalk in klein, plaaslike oplossings wat mettertyd kan begin saamspan, skryf WILLEM KEMPEN.

DAAR is nie veel beter voorbeelde as die Mafube- plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat van die verval van plaaslike regering in die land nie. Inwoners van die dorpies onder dié munisipaliteit se bestuur, plekke soos Frankfort en Villiers, moes maar net oor die jare gewoond raak aan al die gewone gevolge van korrupte, onbekwame en selfdienende munisipale bestuur: alles is stukkend, vuil of gesteel. ’n Vorige munisipale bestuurder het letterlik miljoene in sy eie sakke gestop deur korrupte tenders toe te ken.

Maar daar is een ding wat wel werk in Mafube, en dit is elektrisiteit. Die rede hiervoor is dat ’n privaat maatskappy met die beskeie naam Rural Maintenance in 2012 alle elektrisiteitsverwante dienste en instandhouding in Mafube oorgeneem het. En Rural Maintenance (https://www.ruralmaintenance.co.za/) het sedertdien ’n hele klomp idees oor elektrisiteitsvoorsiening op die kop gekeer, soos dat gewone mense nie bereid is om te betaal vir wat hulle kry nie, en daarmee saam dat munisipale dienste nie doeltreffend én winsgewend gelewer kan word nie.

Die gevolg (https://www.ruralfreestate.co.za/post/the-case-study-mafube-local-municipality) is dat die munisipaliteit nou ’n gereelde inkomste van Rural Maintenance ontvang, dat meer as R120 miljoen al bestee is om die netwerk-infrastruktuur uit te bou, en dat tariefverhogings gemiddeld minder is as wat Nersa toelaat. Inwoners is tevrede met die dienste wat aan hulle gelewer word en is daarom bereid om daarvoor te betaal. Selfs Eskom vind baat: Rural Maintenance het sedert 2012 meer as R700 miljoen aan die nasionale kragvoorsiener oorbetaal vir elektrisiteit wat aan inwoners aanverkoop is. Rural Maintenance het boonop plaaslike ondernemings gehelp om meer as 4 MW se hernubare krag te kan opwek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.