’n Gemeenskapsjoernalis op die spoor van loterykorrupsie

OM DIE GROOT KORREL RAAK TE PIK

’n Gemeenskapsjoernalis op die spoor van loterykorrupsie

PIET CROUCAMP gesels met die gemeenskapsjoernalis en uitgewer Anton van Zyl van Limpopo oor die oopvlekking van massiewe korrupsie by die Nasionale Lotery in Limpopo en hoe joernaliste moet baklei vir ’n deursigtige samelewing.

DIE naam Anton van Zyl is een keer in my teenwoordigheid genoem in die konteks van die oopvlekking van massiewe korrupsie by die Nasionale Lotery. Jacques Louw, ’n forensiese-mediaprokureur, het vertel van dié gemeenskapsjoernalis en uitgewer van Louis Trichardt in die noorde van die land.

Ek moet bieg, dié naam is té Afrikaans en té ordinêr om vas te steek in ’n frontale lob wat alreeds ’n verskroeide aarde geword het vir legendes van wreedhede en vergrype. Maar die nuuskierigheid oor ’n vreemdsoortige karakter wat aan die voet van Songozwi, in die midderif van die Soutpansberge en die godverlate Makhado, die politieke en burokratiese predatore van staatskaping en korrupsie die stryd aansê, brand soos ’n vlam in my onderbewussyn.

Raymond Joseph, ’n vryskut- ondersoekende joernalis wat gereeld werk vir die nuusagentskap GroundUp doen, vertel dat Van Zyl nog altyd bereid was om stories aan te pak wat normaalweg die domein van media met groter begrotings en meer gravitas was. Hy het Caxton byvoorbeeld na die kompetisiekommissie geneem vir waarna Joseph verwys as predatoriese praktyk. Hy kon nie die saak wen nie, maar die windmeul draai nou met groter redelikheid. Die munisipaliteit van Louis Trichard het grond wederregtelik verhandel; Van Zyl het hulle hof toe geneem om die inkriminerende inligting beskikbaar te maak. Die hof het hom toegegee. Die plunderaars van die lotery was in sy visiere, en die resultaat lê op legal eagle Jacques Louw se lessenaar. Skaakmat!..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.