Jackpot! Op die spoor van die Lotto-base wat keer op keer gewen het

LAAT DIE DATA SING

Jackpot! Op die spoor van die Lotto-base wat keer op keer gewen het

Suid-Afrika se Lotto het al 'n klomp mense baie ryk gemaak – nie soseer die mense wat groot bedrae geld in die boerpotte gewen het nie, maar die mense agter die skerms wat veronderstel is om die loterye te bestuur. ROZANNE ELS het met die joernalis Ray Joseph gesels oor sy verbete stryd teen dié korrupsie.

“AS jy ’n miljoenêr wil word, moenie ’n lotery-kaartjie koop nie,” sê die veteraan-joernalis Raymond Joseph, iemand wat koffie drink soos ander mense kettingrook. “Gaan werk eerder vir die lotery.”

Die Lotto, sê hy, is soos ’n melkkoei wat net aanhou gee en gee en gee en gee aan ’n relatiewe klein groepie hoës wat die nasionale loteryekommissie glo soms as ’n persoonlike tjekrekening (https://www.groundup.org.za/article/how-lawyer-used-lottery-funded-project-his-personal-atm/) gebruik. Andersyds is groot somme geld (https://www.groundup.org.za/article/mystery-r15m-lotto-funding-limpopo-deepens/) net nêrens te vinde nie.

Joseph berig al vir amper drie jaar in diepte, en met ’n seldsame noukeurigheid, oor ’n haas eindelose rits korrupte kaskenades binne die geledere van die kommissie. Terwyl die fokus van sy vriend en mede-korrupsiekrapper Anton Van Zyl, ook redakteur van die gemeenskapskoerant Limpopo Mirror (https://www.limpopomirror.co.za/), op misdrywe in Limpopo is – “Limpopo is korrupsie-hoofkantoor” kom dit van Joseph – krap hy óral waar dit jeuk. Óral...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.