Gerugte van onheil: Sy Eksellensie adjunkpresident Sello Julius ...

DJIN UIT DIE BOTTEL

Gerugte van onheil: Sy Eksellensie adjunkpresident Sello Julius Malema

Julius Malema is, vir die meeste in Suid-Afrika se middelklasse en minderheidsgroepe, die voorste Antjie Somers, die bogeyman, die tokoloshe. En nou, o wee, word daar ernstig gegis dat hy volgende jaar die land se adjunkpresident kan word. MAX DU PREEZ probeer kalm bly en perspektief gee.

DIE scenario lyk só: Die ANC kry net rondom 40% van die stem in volgende jaar se algemene verkiesing en het dus ’n koalisievennoot nodig om te regeer. Pres. Cyril Ramaphosa – as hy dan nog president is – is dan in so ’n swak posisie dat hy nie sy huidige adjunk, Paul Mashatile, sal kan keer om ’n alliansie met die EFF te vorm nie. En die ambisieuse Malema sal niks minder nie as die adjunkpresidentskap aanvaar.

Die eerste stap in die scenario lyk na ’n waarskynlikheid – die kans dat die staat sy dienste in die maande voor die verkiesing sal kan verbeter of die elektrisiteitskrisis kan oplos, is bitter skraal. Die meeste onlangse meningsopnames en uitslae in tussenverkiesings voorspel steun vir die ANC tussen 38 en 50%.

Die tweede stap is meer onseker. Ramaphosa staan ná die ANC se leierskapverkiesing in Desember veel sterker in sy party as ná sy eerste verkiesing as leier in 2017, met die RET-faksie in trurat. Dit lyk boonop waarskynlik dat die verslae van die Valke en die openbare beskermer oor die Phala Phala-skandaal hom nie te diep gaan wond nie. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het pas verklaar dat sy belastingsake in orde is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.