Pyne met kabinetswysiging toon volle tweede termyn is CR ...

KABINETSAMESTELLING

Pyne met kabinetswysiging toon volle tweede termyn is CR waarskynlik nie beskore

Pres. Cyril Ramaphosa se gesloer met die samestelling van sy kabinet het gewys hy is, wat politieke mag betref, die swakste president sedert 1994. Hy sal dus makliker as sy voorgangers verwyder kan word en volgens PIET CROUCAMP se kristalbal gaan hy nie ’n tweede termyn voltooi nie.

SO, wat het gemaak dat dit die president drie maande sedert Nasrec en twee maande ná die 8 Januarie-verklaring geneem het om sy kabinet te wysig? Dít ondanks ’n onderneming deur sy sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, om dit binne twee weke af te handel. Wat was so moeilik?

Niks van die uiteindelike veranderinge aan die kabinet verklap iets van die verstommend trae en frustrerende proses wat die uiteindelike aankondiging Maandagaand voorafgegaan het nie.

Cyril Ramaphosa het letterlik minder as ’n week voor sy finale aankondiging eers met die ANC se alliansievennote begin beraadslaag. Ons weet hy het bepaalde individue vooraf in sy vertroue geneem, maar sy kabinet en Luthulihuis moes tot op die laaste oomblik wag om die besonderhede te hoor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.