Lang-Covid: nuwe insigte en nuwe hoop

VOORTSLEPENDE PANDEMIE

Lang-Covid: nuwe insigte en nuwe hoop

In die drie jaar sedert die Covid-19-pandemie aangekondig is, het een uit 10 mense wat dit opgedoen het (meer as 65 miljoen mense) langtermyn-simptome ervaar. Covid-19 se diepgaande impak word nou eers werklik duidelik, skryf ANNELIESE BURGESS na aanleiding van die baanbrekerswerk van ’n wetenskaplike aan die Universiteit Stellenbosch en die praktiese ervaring van ’n internis wat sowat 450 pasiënte met langdurige Covid behandel.

MERVYN GERS is een van Suid-Afrika se voorste keramiste.

Hy glo hy het net ná die eerste inperking die eerste keer Covid-19 opgedoen. Hy was in die hospitaal vir ’n operasie (dit was voor dokters of verpleegsters enige voorsorg getref het, soos om maskers te dra). Ná sy ontslag was hy vier weke lank siek. Hy is nie getoets nie, maar het later besef dat sy simptome dié van Covid was.

In Junie 2021, toe die eerste inentings beskikbaar geraak het, het hy sy eerste Pfizer-inenting gekry. ’n Maand later het hy weer Covid gekry, maar toe was hy net vir twee dae siekerig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.