’n Vrolike gekwetter oor alles van wit vroue tot ministeriële...

TWITTOKRASIE IN AKSIE

’n Vrolike gekwetter oor alles van wit vroue tot ministeriële agterstewes

Twitter kan ’n heerlike bron van humor en vars insigte wees, ás jy verby die venyn en gemaakte verontwaardiging kan kyk, meen WILLEM KEMPEN.

TWITTER is ’n chaotiese, dikwels smerige platform waar twyfelagtige idees soms verstommend maklik vastrapplek kry en momentum bou. Maar in ’n land waar ons blootstelling aan mense met ’n ander agtergrond as ons eie gewoonlik beperk is tot wat uit politici en ander openbare figure se monde kom, kan dit ook ’n lekker manier wees om jou uitkyk ’n bietjie groter te maak.

Baie van die smerigheid is weens Twitter se potensiële anonimiteit en toeganklikheid, maar daar is ook ’n positiewe sy, want daar is nie wagte voor al daai monde wat kan keer dat mense tweet wat hulle regtig dink nie. Dit wissel van kras rassisme (wat verby Twitter se outomatiese sensuur kom) tot by skerp kwinkslae wat dit andersins nie maklik verby die PC-polisie maak nie.

Neem byvoorbeeld hierdie tweet uit 2019 nadat Mmusi Maimane as leier van die DA bedank het, en hou in gedagte dat hy met ’n wit vrou getroud is:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.