SAMESWERINGSTEORIEË is ’n verpesting met onpeilbare diep penwortels onder politieke ontleders. Hier kom nog een: Herkou daaraan en bedank my later vir my dieper insigte.
Cyril Ramaphosa se oorwinning oor Paul Mashatile was ’n uiters oortuigende bevestiging van die ANC-president se steun binne die drieparty-alliansie. Maar dit sou ’n denkfout wees om uit die gebeure by Nasrec af te lei dat Ramaphosa se politieke filosofie of idees noodwendig korrespondeer met die ideologiese veronderstellings van sy kollegas in die kabinet en Luthulihuis.
Nog belangriker is die historiese persepsie wat bestaan dat die president se langsame werkswyse die resultaat is van sy strewe om so wyd as moontlik te konsulteer. Dit was vir minstens die eerste vier jaar van sy presidentskap naastenby korrek, maar beslis nie meer nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.