HIER is 'n klein voorbeeld van die huidige teenstrydighede: Die EFF wil die land Maandag onregeerbaar maak om die president, ook die verkose leier van die ANC, te dwing om te bedank. In Johannesburg, wat deur die ANC beheer word, is die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en dus ook die politieke hoof van die metropolisie wat die EFF se “vegters” in toom moet help hou, 'n EFF-leier, Mgcini Tshwaku …
Met die bloedbad en anargie van Julie 2021 vars in die geheue, is Suid-Afrikaners en die sakesektor skrikkerig oor wat Maandag kan gebeur. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het sterk waarskuwings gerig – maar daar was nie 'n piep van die ANC in die provinsies en stede/dorpe wat hulle beheer nie.
Die ANC se hoofkantoor en sy sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het wel die stem dik gemaak. “There is absolutely nothing revolutionary about the EFF march, but rather a populist effort that seeks to promote lawlessness and a feeble attempt to invoke the Arab Spring revolution mindset,” sê Luthulihuis in 'n verklaring. Mbalula het dit “anarchy of the highest order” genoem...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.