Die merkwaardige lewe van Stephanie Kemp: ‘I was not given to fear’
RUS IN VREDE

Stephanie Kemp was ’n kryger teen apartheid. Van haar landelike grootwordjare in ’n liefdevolle Afrikaanse huis tot 24 jaar in ballingskap ná tronkstraf en marteling is haar lewe ’n inspirerende morele getuigskrif van opstaan vir wat reg, goed en regverdig is. ANNELIESE BURGESS vertel meer oor die buitengewone lewe van ’n beskeie Afrikaanse revolusionêr.
IN haar pragtige, diep peinsende memoires, Through an Unforgettable Storm: The Forging of a Loyal Cadre vertel Stephanie Kemp hoe haar ongemak tydens haar vroeë kinderjare met die alledaagse ongeregtigheid waarvan sy in die 1940’s ’n getuie was toe sy op die Calvinistiese Suid-Afrikaanse platteland grootgeword het, haar tot ’n dieperwordende politieke bewustheid gelei het toe sy aan die Universiteit van Kaapstad (UK) gaan studeer het.
“Ek het met borrelende en opgewonde verwagtinge by die universiteit aangekom. Maar alles is bykans onmiddellik in ’n chaos gedompel soos wat die wêreld rondom my ontplof en Suid-Afrika onherroeplik verander het. Die land was binne weke in vlamme. Op 21 Maart 1960 het die Sharpeville-menseslagting die wêreld geskok en die regime geruk.
“Binne dae ná die Sharpeville-menseslagting, op 30 Maart 1960, het ek op die sypaadjie gestaan by Caledonplein, die polisiehoofkantoor in Kaapstad. Ek het toegekyk hoe 30 000 merkwaardig vreedsame PAC-optoggangers te voet van Langa en Nyanga aangekom het, met die 26-jarige Philip Kgosana aan die voorpunt. Dit was ’n reusevertoon van swart mag in reaksie op die menseslagting deur die wit minderheidsregime by Sharpeville, 1 500 km noord van daar.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
SA lyk hopeloos deur ’n blywende rasbril
Apartheid, ’n spookledemaat wat bly pyn
Adriaan Vlok: Die duur prys van vergifnis
’n Soutie se moeilike erfenis
Ou wonde verklaar nuwe raaisels
Deel
-
Deel
Anneliese Burgess
JoernalisAnneliese Burgess is 'n voormalige mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.