Adriaan Vlok: Die duur prys van vergifnis

‘EK WAS VERKEERD’

Adriaan Vlok: Die duur prys van vergifnis

SIMON RIEKERT skryf oor die onopmerklike, doodgewone oompie met die tenger lyf en die helder, donker ogies wat voor sy Christelike broers kom getuig het oor die vergifnis wat hy afgesmeek het van mense wat hy in sy lewe as apartheidsminister te na gekom het, onder wie ook Max du Preez.

DIE klein figuur van die man wat op die stoel sit by die tafel in die restaurant Hemingway’s is onopmerklik doodgewoon. Hy word net nog ’n oompie wat by ’n tafel sit en wag vir gaste.

Is hy net nog ’n mens wat die lewe bekyk vanuit sy veilige vesting, in ’n wêreld waar onverdraagsaamheid en liefdeloosheid opgedis word met die daaglikse verkeer, opgevou in jou koerant en opgeklop is soos ’n suur roomkoek vir ontbyt, wonder ek?

Ek groet die res van die groep op my gebruiklike manier en word teruggegroet op die gebruiklike hartlike manier wat hierdie manne dit doen. Dit gaan goed met ons, dankie, want ons het baie om voor dankbaar te wees. Ons is byvoorbeeld dankbaar vir nog ’n week van genade en uitkoms en voorsiening...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.