’n Blink plan vir lekker lees terwyl jy bestuur

IN 'N OORWINK

’n Blink plan vir lekker lees terwyl jy bestuur

WILLEM KEMPEN het ’n nuwe antwoord ontdek op die vraag “Hoe ver is dit nog?”.

EK het altyd gewonder of Captain Kirk nie ’n goeie tape deck gemis het elke keer as hy daar vanuit sy Lazy Boy op die brug van die USS Enterprise ’n “Give Me Warp Seven, Mr Sulu” laat hoor het nie. ’n Goeie road trip het ’n soundtrack nodig, maar aan die ander kant wil jy byvoorbeeld nie hê “Danger Zone” uit Top Gun moet begin speel sodat daai Maverick-gevoel jou beetpak wanneer jy die gesinsmotor by Sir Lowry’s af moet navigeer nie.

In elk geval sou Mr Spock elke nou en dan iets snedigs te sê gehad het oor sy kaptein se musieksmaak, of aangedring het dat ’n bietjie Beethoven ’n beter stemming sou skep vir arme James om te boldly go where infinitives have not been split before. Boonop sou die ruimtematroos met die heel hardste sound system op die Enterprise ’n outjie uit Klerksdorp wees wat iewers aan die heel ander kant van die skip vir die volle lengte van ’n dag op Cardassia IV sy Kaptein die Seile op Repeat wil laat Span.

Die ander ding van die Enterprise is dat daar klaarblyklik ook nie veel te lese aan boord is nie, nie eens ’n handleiding vir hoe om die hyperdrive te fix of ’n kopie van Intergalactic Space Law for Dummies of so iets nie. Dalk het mense nie destyds gedink daar gaan in Star Trek se toekoms nog boeke wees nie. Ook nie Walkmans of iPads nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.