’n Mixtape vir Krismis op die langpad

VENSTERS OOP, MUSIEK AAN

’n Mixtape vir Krismis op die langpad

Dié tyd van die jaar is hy lus vir musiek luister, sê ANDRIES BEZUIDENHOUT. Maar tog net nie die geklingel wat in die winkelsentrums blêr nie! Nee, musiek oor die liefde, oor road trips en oor berusting. Hy stel ’n speellys saam vir diegene wat dié somervakansie dalk op ’n regte egte outydse langpadreis gaan.

HIERDIE tyd van die jaar is ’n tyd vir musiek. Nee, nie die aaklige kommersiële Krismismusiek in die winkelsentrums nie. Dis tyd vir musiek in die kar, op die langpad. “Aanstap Rooies." “As ek moeg word vir die lewe in die stad." “Vat jou goed en trek Ferreira." Musiek op wiele, musiek met die motorvenster af. Om David Kramer effe buite konteks aan te haal: “I’ve got the radio up, and the windows down.”

In die Noordelike Halfrond het hulle ’n kort, mislike, triestige, koue Krismisvakansie van net ’n paar dae. Maar hier onder, aan die gatkant van die aardbol, hou ons in Desember somervakansie. Hier rond kan ons met ons vensters oop ry dié tyd van die jaar.

Dis seker dié dat die stomme Britte besluit het om ons maar van die rooilys af te haal. Aanstap rooilys! Hulle hunker waarskynlik na ’n bietjie son. Ja, hier in die suide span ons Desembermaand uit en onderneem road trips...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.