SA lyk hopeloos as jy stééds deur ’n rasbril na die land wil kyk

BENADER MINDERHEIDSPOLITIEK VERSIGTIG

SA lyk hopeloos as jy stééds deur ’n rasbril na die land wil kyk

Apartheid se ongelykhede en magspatrone is deur swart nasionaliste gereproduseer, en bruin mense raak toenemend ontevrede hiermee. Om hulle te ignoreer is nie die antwoord nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

LIGTE fladderings het die laaste paar jaar oor “bruin” politiek plaasgevind: die politiek van Suid-Afrikaners wat die eerste Europese koloniste, toe Afrikaner- en nou swart nasionaliste as tweede- of derdeklasburgers geklassifiseer het. Hierdie kwessie kom skynbaar nou landwyd in bruin gemeenskappe na vore. Sien hier (https://www.news24.com/citypress/voices/westbury-has-no-coloured-problem-20181012), hier (https://ewn.co.za/2018/09/28/westbury-residents-accuse-govt-of-wanting-to-get-rid-of-coloured-population?utm_source=dlvr.it&utm_medium=twitter), hier (https://www.iol.co.za/news/nathaniel-julies-state-doing-all-in-its-power-to-let-coloured-people-die-says-protester-b94eca96-f175-4b15-956a-1bfdf9ef4dc2) en hier. (https://www.702.co.za/articles/468152/westbury-residents-call-for-solutions-to-reduce-unemployment-crime-in-the-area)

Bruin mense glo in die algemeen, verby al die intellektuele en akademiese menings, dat die regering eintlik niks vir hulle omgee nie. Een inwoner van Westbury (https://ewn.co.za/2018/09/28/westbury-residents-accuse-govt-of-wanting-to-get-rid-of-coloured-population?utm_source=dlvr.it&utm_medium=twitter), voorheen ’n bruin township buite Johannesburg, het na aanleiding van die uitkringende geweld, verdiepende frakture en afbreking gesê: Die regering weet wat aangaan. “Ons mense sterf daagliks en hulle doen absoluut niks nie, want hulle wil ontslae raak van die bruin bevolking.”

Nog ’n inwoner van Westbury, ene Melissa Davids, het vir die onpeilbare Panyaza Lesufi, (https://www.702.co.za/articles/468152/westbury-residents-call-for-solutions-to-reduce-unemployment-crime-in-the-area) wat hom konstant toespits op etniese suiwerheid en die uitwissing van enigiets wat “non-African” is, gesê die bruin gemeenskap word uitgesluit van dienste en beskerming. Sy het hom herinner: “Dit was nie net Nelson Mandela nie – Ashley Kriel het óók tydens apartheid geveg.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.