Dit is ons geskiedenis, ongeag hoe ongemaklik dit ander laat voel

APARTHEID EN SLAWERNY

Dit is ons geskiedenis, ongeag hoe ongemaklik dit ander laat voel

Suid-Afrikaners moet al hul geskiedenisse omhels en aanvaar dat daar stories is wat nie vertel is nie, en ander wat aspekte wat ons ongemaklik laat voel, weggelaat het, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

EK pak my tasse om na Suid-Afrika terug te keer en verlaat Asië, veral Suidoos-Asië, met ’n swaar hart en ’n gemoed wat energie teen ’n buitengewone tempo verbrand.

Ek keer met min geesdrif en ’n drukkende voorgevoel terug. As ek ses maande gelede gedink het dinge kan nie erger raak in my land nie, het ek myself mislei. Ek verlaat Asië nietemin binne ’n paar weke met ’n waardering vir die manier waarop die 4,5 biljoen mense op hierdie enorme vasteland hul diep, gemeenskaplike erfenis met al sy kinkels en draaie omhels en vier.

Terug in Suid-Afrika is daar ’n ontluikende erfenisbedryf met ’n groter klem op die geboude omgewing as op wat die wyle Britse sosioloog Stuart Hill beskryf het as “die hele kompleks van organisasies, instellings en praktyke wat aan die bewaring en aanbieding van kultuur en kunste gewy is – kunsgalerye, spesialisversamelings, alle soorte openbare en privaat museums (algemeen, gegrond op besigtigingsopnames of temas, histories of wetenskaplik, nasionaal of plaaslik) en plekke van spesiale historiese belang”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.