Sonder ’n fietsongeluk is die liefde verdoem

’N LES TE LEER UIT RAMPSPOED EN ELLENDE

Sonder ’n fietsongeluk is die liefde verdoem

Hy weet helaas alles wat daar van die friend zone te wete is, skryf TINUS HORN in Februarie, die maand van die liefde.

EK weet wat die friend zone is. Natuurlik weet ek! Johannes van Patmos beskryf dit in fyn besonderhede in die boek Openbaring: “Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon,” is hoe hy dit stel.

Dan gaan hy aan en aan oor engele, ’n trompetgeskal wat my puntenerige woonstelbure erg sou ontstig het, en as ek reg onthou, die Ruiter van Skimmelperdpan. Dié het nog nie oor my pad gekom nie. Ek aanvaar dis net ’n kwessie van tyd.

Later praat Johannes van ’n geween en ’n gekners van die tande. Daarmee is ek wel vertroud. Ek weet immers alles wat daar van die friend zone te wete is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.