Dink wéér oor lojaliteite wanneer nuwe getuienis na vore kom

’N MEER KRITIESE BENADERING

Dink wéér oor lojaliteite wanneer nuwe getuienis na vore kom

Hy het deur die jare ’n meer radikale begrip van die sosiale wêreld ontwikkel, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Wanneer nuwe bewyse aan die lig kom, moet alle soorte affiliasies gerevalueer word.

EK het ’n paar jaar gelede ’n student ontmoet wat ’n T-hemp met die volgende slagspreuk gedra het: “If you haven’t changed your mind in 20 years, you haven’t learned anything.” Ek dink ek het toe die kwessies van slawerny en rassisme aangeroer en vir hom gesê ek het 20 jaar later gelede gedink dit was verkeerd ... en ek dink steeds so. Ek was maar net stuitig. Nietemin.

Een van die belangrikste lesse wat ek ná meer as vier dekades in die joernalistiek en akademie geleer het (jirre, ek is oud), is dat wanneer nuwe getuienis na vore kom wat nuwe gevoelens en begrip meebring, bestaande solidariteite, lojaliteite en alle soorte affiliasies, en selfs beginsels wat lank gekoester is, gerevalueer moet word. Om hierdie bespreking aan die gang te kry behoort ek iewers by die begin te begin.

Dit is seker teen dié tyd duidelik dat ek as tiener regtig radikaal was, minstens op die oog af. Ek het myself met die Swart Bewustheidsbeweging (die “black consciousness movement”, oftewel BCM) vereenselwig en die bevrydingsimpuls behou wat die beweging in die 1970’s en vroeë 1980’s gedryf het, toe ek uiteindelik alle politieke aktivisme en betrokkenheid laat vaar het omdat ek ’n joernalis wou word. Een van die beginsels wat hierdie affiliasie met die beweging verbind het, was die solidariteit en eenheid van alle mense wat as “nieblank” beskou is. Dit is ook die een “pilaar” van my oortuigings wat onder die gewig van getuienis verkrummel het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.