VANAF opgeskrewe tye word volke of nasies beskryf volgens hulle kollektiewe “persoonlikhede”. Daar word nog altyd wyd aangeneem dat verskillende etniese groepe wat vanuit een nasionale grondgebied ontspruit, sekere kenmerkende gedragspatrone, denkpatrone en emosies ten toon stel. ’n Nasionale persoonlikheid of psige, indien so iets enigsins sou bestaan, sou aandui hóé ’n nasie oor die algemeen is, en teoreties ontwikkel en in stand gehou word deur aspekte soos taal, rituele, die onderwysstelsel, asook natuurlik die media. Die gedagte is dat ’n nasie ’n gesamentlike ingesteldheid en/of mentaliteit koester, wat sal veroorsaak dat so ’n spesifieke volk anders sal reageer ten opsigte van sekere situasies as ander volke.
Hierdie konsep is uiteraard nie regtig wetenskaplik verantwoordbaar nie. Mentaliteit, veral die mentaliteit van groepe mense, verander redelik vinnig. Grootskaalse internasionale migrasie van mense, die hoë voorkoms van toerisme en wêreldwye reismoontlikhede, en veral die inligtingsontploffing wat gekoppel is aan tegnologie veroorsaak ’n groeiende dinamiese tendens waar verskillende volke al hoe meer ander volke se gebruike en ingesteldhede in hulle kultuur integreer. Verder is dit net nie moontlik om op so ’n groot skaal mense se gedeelde opinies en waardes akkuraat te kan bepaal nie.
Dit maak seker egter nie wesenlik saak of mens ’n nasie se psige of mentaliteit regtig kan neerpen of nie. Die konsep het meer trefkrag as ’n metafoor, en is ’n metafoor wat die meeste mense verstaan en graag gebruik...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.