EEN KEER, baie jare gelede, net nadat Suid-Afrika toegelaat is om weer (wettiglik) internasionale rugby te speel teen die bestes in die wêreld, was ek op Ellispark om te kyk hoe die All Blacks en die Springbokke kragte meet.
Ek sit toe, styfgedruk teen ’n klomp gróót manne wat al van vroeg al die oggend baie lus was vir die rugby maar eers die keel moes gaan natmaak in die Troyeville Hotel, die drinkplek van die joernaliste van die omgewing. Nie dat joernaliste nou eintlik drink nie – net per geleentheid.
Langs my by Ellispark was die bekende dr. Nick Binedell, bekende opvoedkundige en dekaan van die een of ander sakeskool. Nick het die fout gemaak om – toe een van die “manne” hom vra wie hy dink die wedstryd gaan wen – te sê sy geld is op die All Blacks, en ook sommer sy redes gegee: Suid-Afrika was vir baie jare in die koue wat rugby betref, die spel het aanbeweeg en ons het meesal teen tweederangse en pas afgetrede spelers rugby gespeel. Dink byvoorbeeld aan die Kavaliere-toer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.