Die spookstorie van Tencent

KNOPPIES DRUK EN SPOKE JAAG

Die spookstorie van Tencent

Die storie wat ’n Suid-Afrikaanse belegger die koudste rillings behoort te gee, is in ’n niefiksieboek oor China wat die afgelope maand verskyn het, skryf TJ STRYDOM.

LUS vir ’n spookstorie? Iets wat enige kapitalis tot diep in haar of sy wese sal bang maak? Vergeet maar van Neelsie Langenhoven se geraamtes wat bergklim of Stephen King se angstige tieners wat bloed uit die plafon laat reën. Kyk oos. Na die Verre Ooste. Nie Japan se kaidan nie, nee. Wat van moel-gwisjins - die Koreaanse watergeeste met die swart dosse hare wat sommer deur die TV-skerm kruip? Ook nie.

Die storie wat ’n Suid-Afrikaanse belegger die koudste rillings behoort te gee is in ’n niefiksieboek oor China wat die afgelope maand verskyn het. Die Bloomberg-joernalis Lulu Yilun Chen se Influence Empire: Inside the Story of Tencent and China’s Tech Ambition is nou nie die beste stukkie sakeskryfwerk nóg nie, maar dit is ’n belangrike toevoeging tot die skrampse literatuur oor die toonaangewende internet-entrepreneurs in ’n land met meer as 1,4 biljoen mense.

Wat maak dit saak wat in China aangaan? Dis dan so ver? Hoekom dan nou ’n boek lees wat op plekke te direk vertaal is en ’n mens laat kopkrap oor  sêgoed soos “…it was no blue ocean”? Chinengels en dan nog herhalend ook...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.