Die Kristang-mense: ’n Gemeenskap wat deur kerk en taal aan...

ERFENIS

Die Kristang-mense: ’n Gemeenskap wat deur kerk en taal aan sy identiteit vashou

Die historiese deurgang van Malakka, en van Maleisië, deur die magspel van Europese avontuurlus, verkenningsreise, seehandel en kolonisering, het nie die doelgerigte fokus van die nedersetting se mense verswak nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIE naam “Singapoer”, of meer korrek die Middeleeuse “Singapura”, het ’n eienaardige etimologiese verduideliking wat “falsa demora” in Portugees genoem word. Dit verwys min of meer na “om by ’n plek aan te kom en dan te besef dit is nie die plek waarna jy op soek was nie”.

Dié etimologie (eintlik die vertaling daarvan) het mense stilletjies laat lag toe ek, nie vir die eerste keer nie, in Melaka – ook bekend as Malakka – aan die weskus van die Maleise skiereiland aankom. Ek het meer spesifiek in die Portugese nedersetting van Malakka aangekom en toe besef dit was nie die plek waarna ek gesoek het nie, maar ’n beter een.

Dit was die geboorteplek en tuiste van ’n mikrominderheid, die Kristang – hulle is onder die 0,7% (https://www.statista.com/statistics/1017372/malaysia-breakdown-of-population-by-ethnicity/) van Maleisië se “ander mense” in ’n land wat deur drie groot etniese groepe oorheers word. Die Kristang is nietemin trotse mense, verbind deur die Katolieke geloof, hul eie taal en erkenning van hul herkoms van Portugese handelaars en seevaarders wat 500 jaar gelede Malakka hul tuiste gemaak het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.