Is dit tyd vir ‘Die Stem’ om stil te raak?

LANDSLIED

Is dit tyd vir ‘Die Stem’ om stil te raak?

‘Die Stem’ het onlangs op Twitter getrend. Die vraag is: Moet die Afrikaanse gedeelte van die nasionale lied verwyder of vervang word? MERCY KANNEMEYER lug haar mening.

EK weet nie van jou nie, maar ek het só uitgesien daarna om my jaar rustig af te sluit. Net soos ek ná Kersfees my social media oopmaak om te kyk wat onder almal se bome was, is die Maselspoort-insident die eerste ding wat ek sien. Wat op dees aarde gaan deur ’n volwasse man se kop wanneer hy hande op ’n kind lê?! Ek kon nie vir te lank na die CCTV-beeldmateriaal of die eintlike video van die geval kyk nie, want dit maak my befok.

Dit was maar net nog ’n gebeurtenis wat ons nasie verder verdeel. Although, ek kan nie insien hóé mense die volwassene se parte in die hele ding vat nie. Daar is NIKS, absoluut niks, wat ’n kind kan doen of nie doen nie wat fisieke geweld noodsaak nie. Dis egter nie waaroor vandag se artikel gaan nie. Ek lei dié outjie maar net so in om oor verdeeldheid te skryf.

Suid-Afrikaners se Nuwejaarsvoornemens is skaars koud, en die ding ruk al weer hier buite. Dié keer oor “Die Stem”. Voor ek die controversy unpack, net gou ’n bietjie agtergrond en my eerste kennismaking met verdeeldheid en die nare waarheid van ons land...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.