Nou kan dit net ’n beterder jaar word

BEAT SE WOORDE

Nou kan dit net ’n beterder jaar word

Van sjêbieneerder tot surrogaatma is dalk die verhaal van Moira se lewe, maar eintlik gaan dit om wat sy by die hoenders geleer het, sê ANASTASIA DE VRIES.

DALK word dit nog ’n beterder jaar. Beat se woorde, nie myne nie. Ek sou eers in die agterna se dink sê: geen waarder woord as dié het niemand nog die laaste jaar of drie gespreek nie.

Kom ek wys jou gou iets, het Beat knap ná die geboorte van 2023 gesê. Beat se “gou” was nooit gou nie en altyd sinoniem met iets waarvan die grootmense nie moes weet nie, onthou ek uit die dae toe ons koptjommies op hoërskool was. So verbeel jou ek op ’n smokkeljaart op ’n Sondag in die middel van die vlaktes en die jaar is nog jonk. Nou verbeel jou nou …

Ek het die plek waarheen Beat my dié Sondag geneem het, dadelik herken. Een van die verbode plekke van onse jeug. ’n Jaart, die “sagter” naam vir “smokkeljaart”, plek van onheil waar die merk van Kain op jou voorkop kon verskyn as jy hier gesien is. Laat ek hoor jy sit op ’n jaart, het onse grootmense gedurig gedreig. Ek het nooit vertel van die jaart waar ek jare lank as skoolkind met Beat loop uithang het nie. Eintlik het ek nie geweet hoe verduidelik mens vir ’n grootmens ’n jaart wat eintlik nie ’n jaart is nie, waar jy koop-en-loop en die antie van die huis jou met ’n sambok bydam as jy op haar jaart durf fuif of valse papiere aandra om te wys jy is nie “onder ouderdom” nie. Of hoekom ek ’n kammakastige verbode vriendskap met ’n sjêbieneerder (nog so ’n grootmenswoord) se dogter aangeknoop het nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.