Die fantastiese mevrou Smit het in ’n swierige geskenkpakkie opgedaag met ’n blikkie suiglekkers met die boek se titel op daarby. Seën die uitgewers wat die ekstra myl stap. Help dit regtig? Ek sou so dink – ons almal se prys is maar laag. As kind wou ek net Jack & Jill-skoolskoene hê omdat daar ’n ballon in die skoendoos was.
Die boek is net so verleidelik soos die suiglekkers. Mevrou Smit is ’n unieke karakter in Afrikaans. Sy het iets van Sally Andrews se tannie Maria; geen-nonsies en blatant onelegant. Waar tannie Maria vellies dra, dra mevrou Smit Birkenstocks. Maar mevrou Smit is veel grinteriger as tannie Maria: Sy is ’n vrou met ’n witwarm humeur en ’n troebel verlede. Sy is vol geheime. Ná die dood van haar man, ’n gay swendelaar wat haar beste vriend was, erf sy ’n fortuin, maar allerlei ongure vennote sak soos aasvoëls daarop toe. Daarom laat sy dit in bates omsit: Krugerponde en klippies in ’n suiglekkerblikkie. Dit en ’n rewolwer word in haar groot, pienk handsak saamgedra. Sy is gevaarlik.
Sy eet alles wat sy haarself lewenslank ontsê het sodat sy lyf kan kry. Sy dra los, geblomde bloese en lang rompe om haar kurwes te versteek en knip haar hare kort en laat dit grys uitgroei. Sy wil onsigbaar wees...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.