Twee plaaslike juwele wat flonker

DAAR IS SOVEEL BOEKE OP AARDE

Twee plaaslike juwele wat flonker

DEBORAH STEINMAIR het weer besef dat ’n mens maklik blink klippies voor jou eie agterdeur miskyk. Sy skryf vandeesweek oor twee Suid-Afrikaanse boeke, een Engels en een Afrikaans.

OMDAT die aanbod in ’n boekwinkel so oorweldigend is, glip juwele maklik deur jou vingers – selfs as die voorblad jou verbeelding op loop sit, soos dié van Mirage. En soms het ons nie dieselfde soort lojaliteit teenoor plaaslike Engelse stemme as Afrikaanses nie. Wel, dit het in my hande beland.

Dis ’n roman van idees, drome, moontlikhede. Soos tyd is dit nie liniêr nie – alle oomblikke bestaan tegelykertyd; verlede en hede ontmoet, en toekoms. Daar is ’n herhalende Duitse aanhaling van Einstein wat min of meer beteken: Vir diegene wat die geheimenisse van fisika kan ontrafel, is tyd niks meer as ’n hardnekkige illusie nie.

Michael is ’n student wat ’n meesterstesis skryf oor ’n vrou wat ’n eeu gelede geleef het en een enkele boek geskryf het. Elizabeth Tenant het in die Karoo beland, by Sterfontein, waar die sterre naby en helder is. Haar boek is oor ’n seun, wie se naam ook Michael is, wat die maan wou vang om die leemte in sy hart te vul. Telkens wanneer hy dit opraap, versplinter dit – tot hy besef dat wat hy probeer vang net die weerspieëling van die maan op die water is: Jy kan nie die maan vang deur die rivier te botteleer nie. Later stik hy die sterre aanmekaar met silwer gare. Hierdie boek is ’n sleutel tot die roman en Michael se soeke...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.