Die onverklaarbaarheid van toeval

EEN BOEK LEI NA 'N ANDER

Die onverklaarbaarheid van toeval

MARITA VAN DER VYVER sou dié storie ook ’n ondertitel kon gee, soos in ’n avontuurverhaal uit die 18de eeu. Iets soos: Waarin die skrywer op haar oudag terugkeer na Joseph Conrad en eindelik ’n verhaal oor jeug begin verstaan.

EK vermoed vir baie van ons is die keuse en volgorde van wat ons lees ’n bra toevallige affêre. Ons hoef nie lysies af te tik soos voorbeeldige letterkundestudente nie; ons kan agter ons lus aan lees, en dit word dikwels deur toeval bepaal. ’n Onbekende boek wat aanbeveel word deur ’n vriend wie se oordeel ons vertrou, ’n nuwe roman van ’n geliefde skrywer, ’n verlepte eksemplaar van ’n klassieke titel in ’n gratis boekhokkie, ’n omslag en flapteks wat ons aandag trek in ’n biblioteek.

Vir my is tweedehandsboekwinkels en vlooimarkte ook ’n ewige bron van toevallige leesgenot. So dwaal ek en my dogter onlangs ’n dag lank deur Engelse tweedehandsboekwinkels in Parys, sommige met nuwe én voorheen geliefde boeke.

By die legendariese Shakespeare and Co skuins oorkant die Notre-Dame-katedraal koop ek ’n spotgoedkoop tweedehandse eksemplaar van Graham Swift se Mothering Sunday, wat enkele jare gelede onverklaarbaar onder my radar deurgeglip het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.