ALEXANDRA FULLER kyk jou stip in die oë en slaan jou asem weg. Sy is onverskrokke in haar aanslag. En tog keer ek al byna 20 jaar terug na elke nuwe boek van haar sedert haar verbluffende debuut, Don’t Let’s Go to the Dogs Tonight.
Ek het Travel Light, Move Fast reeds in 2020 gekoop en begin lees, maar anders as met Fuller se vorige boeke het ek vinnig vasgehaak. Baie mense het meer gelees tydens die pandemie – ek het opgehou boeke lees. Dit was die tyd vir eindelose Netflix-series, sommige wat ek reeds gekyk het en die vertroosting van die bekende. Die Fullers se seer was in daardie stadium vir my te veel. Maar toe die nuwe vlaag van beurtkragfases afskop en daar ure is sonder selfoonsein en Wi-Fi en my rekenaar word êrens pap, het ek my Kindle oopgemaak op hierdie boek. En diepnag klaargemaak. Die middag en aand was vuurwarm. Pretoria in Januarie is droog en stomend. Sonder ’n waaier wat waai, drup die sweet jou af. En ewe skielik kon ek my die oewers van die Zambezi indink. Drukkende hitte. Muskiete. Slange. Als wat uitbundig groei. En die patologie van ’n gesin.
Fuller laat jou nie na ’n vyfster-lodge by die Victoria-waterval reis nie, sy laat jou onder ’n stoepdak sit wat amper inmekaar tuimel met ’n krokodil in die verte...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.