Denis Hirson se herinneringswerke

SUID-AFRIKAANS GEBORE SKRYWER

Denis Hirson se herinneringswerke

LOUIS GAIGHER beskou die sonderlinge oeuvre van Denis Hirson, wat tans in Suid-Afrika toer.

VROEG in Desember 1973 verlaat Denis Hirson op 22-jarige ouderdom Suid-Afrika saam met sy ouers en twee jonger sibbe met Engeland as eerste bestemming. Binne drie dae ná sy pa, Baruch Hirson – akademikus, fisikus en historikus – se vrylating moes hulle hul Johannesburgse huis oppak. Hy is nege jaar lank in die Ou Fort in Johannesburg en in Pretoriase tronke aangehou weens sabotasie as lid van die African Resistance Movement (ARM).

Dertig jaar later, in die voorlaaste fragment van I Remember King Kong (The Boxer), Hirson se tweede herinneringswerk van sewe oor Johannesburg in die 60’s (wat ’n roman, digbundel, fragmentariese outobiografieë en literêre kritiek insluit), beskryf Hirson sy gesin se uitvlug en die oorgang van sy Johannesburgse kinderjare na ’n Europese verblyf wat steeds duur:

I remember Jan Smuts Airport on the afternoon we left. A heavy yellow lozenge of light reflected from a window onto the concourse floor. A policeman in a khaki uniform standing against the wall. The remoteness of the crowds...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.