Misverstand en misdaad

AS DIE SKOEN PAS

Misverstand en misdaad

DEBORAH STEINMAIR berig oor twee topverkoperboeke met veel om die lyf – een van Jojo Moyes en een van Jane Harper – waarvan een haar haar vooroordeel laat sluk het.

VANDEESWEEK het ek (onder meer) twee boeke gelees wat as’t ware hulleself omgeblaai het.

’n Paar lesers het my al daarop gewys dat Jojo Moyes wéét hoe om ’n storie te vertel. Sy boer op die topverkoperlyste. Ongelukkig het ’n soort snobisme my weggehou van haar romans: Ek het in die boekwinkel deur haar boeke geblaai en die indruk gekry dis soos Marian Keyes (ook ’n voortreflike storieverteller): lig, populisties, chicklit, straight liefde wat seëvier oor beproewings.

Tot Kerneels Breytenbach, ons boekghoeroe, hierdie boek aanbeveel. Toe neem ek dit op. En glo my, dis louter vreugde. As iemand haar ambag so knap bemeester het, ontlok dit bewondering. Moyes se karakters is volrond, uitgesproke en beskadig. Die storielyn is snaarstyf gespan en ja, die straight liefde oortuig en bekoor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.