HIERDIE is ’n storie oor my gunsteling- Suid-Afrikaanse album van alle tye, met ’n lang en kronkelende Beatles-aanloop. So kom ons begin daar.
In 1966 het die Fab Four hulle sewende album, Revolver, vrygestel. Dit word allerweë as geniale werk en ’n reusetree vir popmusiek beskou. Skielik het John, Paul, George en Ringo hulle aansteeklike melodieë met bedwelmde eksperimentering en waaghalsige instrumentasie gedokter. Rolling Stone het dit as die beste Beatles-album van alle tye bestempel.
Volgens Discogs (https://www.discogs.com/) is ’n allemintige 821 weergawes van Revolver wêreldwyd uitgereik, van Taiwannese plate tot Kroatiese kassette. Die laaste weergawe is laas jaar uitgereik: ’n luukse stel van vier volle stereo-langspeelplate, ’n seweduim-enkelsnit en ’n boek (vir diegene van ons sonder platespelers was daar ook CD- en FLAC-weergawes). Maar anders as al die vorige heruitgawes, was hierdie klankvermenging heeltemal nuut...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.