Inheemse kennis óf wetenskap – of is daar plek vir albei?

MATAURANGA MAORI

Inheemse kennis óf wetenskap – of is daar plek vir albei?

Suid-Afrikaners wat nog kies om hul potjie duskant die Indiese Oseaan te krap, reageer dikwels met leedvermaak op enige beriggewing oor waaraan die Nieu-Seelandse babawagterstaat haar burgers en medelandgenote nóú weer onderwerp, skryf NICO GELDENHUYS.

DIE gort is tans gaar oor ’n nuwe beleid wat die voormalige premier Jacinda Ardern uitgevoer het om die Maori-kultuurerfenis van oorgelewerde kennis (“Matauranga Maori”) op gelyke voet met Westerse wetenskap in die skoolkurrikulum te stel. Sewe professore het die beleid reeds in 2021 gekritiseer in ’n ope brief wat hulle aan die tydskrif The Listener geskryf het. Daarin gee die skrywers toe dat daar plek vir die Maori-kultuurerfenis in die skoolkurrikulum is, maar beslis nie as deel van die wetenskapleerplan nie. Verlede jaar is die kwessie verder op die spits gekryf toe verskeie genote uit die Nieu-Seelandse Royal Society uit protes bedank het. Een van hulle was Garth Cooper, een van die sewe ondertekenaars van die bovermelde ope brief. Cooper is ’n gevierde biochemikus en professor aan die Universiteit van Auckland. Hy is boonop van Maori-afkoms.

Buite Nieu-Seeland se landsgrense sou dié storm min aandag getrek het, was dit nie vir die Britse evolusionêre bioloog en skrywer Richard Dawkins nie. Hy was onlangs in Nieu-Seeland vir ’n reeks praatjies en daar het hy met ontsteltenis verneem van die kultuur van vrees wat sommige Nieu-Seelandse wetenskaplikes noop om hul mond te hou. In reaksie het Dawkins ’n brief aan The Spectator (https://www.spectator.co.uk/article/why-im-sticking-up-for-science/) gestuur waarin hy hom sterk uitspreek teen die openbare veldtog van verdagmaking waaraan sy beginselvaste kollegas uitgelewer is. “Diegene onder ons wie se loopbane nié op die spel is nie, het ’n plig teenoor hulle wie se loopbane wél is,” skryf Dawkins.

Matauranga Maori (wat in Engels losweg vertaal word as “ways of knowing”) berus op oorgelewerde kennis en godsdienstige geloof wat sover terug as die 13de eeu nagespeur kan word. Soortgelyk aan die Judeo-Christelike ontstaansmite bevat dit elemente van kreasionisme, oftewel die geloof dat die heelal en, meer spesifiek, die aarde en haar lewende wesens deur ’n bewustelike handeling van skepping tot stand gekom het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.