Ontmoet minister Hosh Tokolosh

SKORRIEMORRIE

Ontmoet minister Hosh Tokolosh

TINUS HORN skryf oor profete soos Jack Parow en hoe hy Suid-Afrika se voorste boosdoener so raak kon beskryf.

DIS welbekend: ’n Profeet word nie in sy eie land geken nie, en só is dit toe ook met Jack Parow. Hy het sy dissipels, goed en wel, maar wie kon dink hy sou Suid-Afrika se ondergang in soveel detail kon voorspel, en die voorste boosdoener so raak kon beskryf?

Dis nou die afgryslike gediertetjie in die steelfoto hiernaas – eksklusief aan Vrye Weekblad.

Die slymerige klein woestaard is net nou die dag deur pres. Cyril Ramaphosa heraangestel as minister van minerale en energie tydens die langverwagte kabinetskommeling, wat seker maar die halfhartige soort geskommel is wat mens van ’n lewensmoeë, 70-jarige skommelaar kan verwag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.