MISKIEN begryp Afrikaanse lesers nie die werklike waarde van Freud nie, veral oor sy sieninge van taal en interpretasie. Want waarom is daar in Afrikaans ’n groter Jungiaanse stramien in romans? Ons dink hier aan Etienne Leroux. Of Klaas Steytler se roman Die walvisman. Is dit weens die diskreditering van Freud?
1
D.M. Thomas se The White Hotel is ’n ongelooflike roman wat verskillende verteltegnieke saamsnoer en met ’n herlees inderdaad ’n voorteken is oor wat ons nou beleef. In hierdie roman word geskiedenis, Freud en fantasie en selfs opera verweef. ’n Fiktiewe pasiënt van Freud, ene Frau Anna G., ’n operasangeres, word vir psigosomatiese simptome behandel. Don Giovanni verwys na Mozart se bekende opera van 1788, ’n verhaal van verleiding, gegrond op ’n Spaanse legende. Tirso de Molina se drama El burlador de Sevilla y convidado de piedra van 1630 is die verhaal waarop Mozart se opera inspeel...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.