DRIE maaltye per dag met ’n stewige ontbyt, die sogenaamde belangrikste maaltyd van die dag, om mee te begin – gevolg deur peuselhappies dwarsdeur die dag om die liggaam aan die gang te hou. Dít is die konvensionele wysheid oor wat gesonde voeding behels.
Maar daar is nou toenemende navorsingsbewyse wat die mening ondersteun dat ons liggaam en brein ontwikkel het om optimaal te funksioneer wanneer hulle net met tussenposes kos kry en dat tydperke sonder kos dieselfde helingseffek op die liggaam as slaap het. Dit kan ons streshanteringsvermoë verhoog deur selle veerkragtiger te maak, geestelike en liggaamlike prestasie verbeter en teen veroudering en siektes beskerm.
Dit gaan nie oor die beperking van kalorieë of wát jy eet nie. Dit gaan alles oor wannéér jy eet en gereelde tydperke sonder of met min kos – iets wat selde gebeur in ’n moderne wêreld waar kos vir baie mense 24/7 beskikbaar is...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.