Versoeters met bitter nagevolge?

SJOEGHER

Versoeters met bitter nagevolge?

Kunsmatige versoeters is deesdae die aanvaarde gesonder alternatief vir natuurlike suiker, maar die toenemende gebruik daarvan het implikasies wat nog nie behoorlik verstaan word nie. Deur WILLEM KEMPEN saamgestel uit 'n artikel in The Washington Post en ander bronne.

SUIKER is sleg vir jou; daarmee stry min mense nog. Maar die groter hoeveelhede plaasvervangers vir suiker wat ons deesdae inneem – soms sonder dat ons dit besef – het dalk implikasies vir onder meer ons metabolisme en spysverteringstelsel waaroor daar nog nie omvattende navorsing gedoen is nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het verlede jaar ’n konsepdokument (https://ilfattoalimentare.it/wp-content/uploads/2022/07/NSS-guideline_DRAFT_PC-July-2022.pdf?itid=lk_inline_enhanced-template) met voorlopige riglyne oor die gebruik van suikerplaasvervangers gepubliseer. Die WGO benadruk dat dié dokument deel van die konsultasieproses met die publiek is, en dat die navorsing daaroor nog baie beperk is, maar doen tog ’n voorlopige aanbeveling dat sulke versoeters “nie gebruik word as ’n manier om gewigbeheer te bereik of die risiko van nie-oordraagbare siektes te verminder nie”, en dat die inname daarvan beperk word weens hulle potensiaal vir “ongewenste” langtermyn-uitwerkings, waaronder ’n nadelige uitwerking op derm- en metaboliese gesondheid.

Dis ook moontlik dat suikerplaasvervangers in sommige gevalle kan lei tot ’n groter eetlus en selfs insulienweerstandigheid, wat weer ’n voorloper van tipe 2-diabetes kan wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.