Die vyf pilare vir ’n gesonde lyf en gees

GESONDHEID

Die vyf pilare vir ’n gesonde lyf en gees

As jy gebombardeer voel deur die oormaat raad oor gesondheid wat die wêreld vol is, hou dit eenvoudig met vyf dinge wat jou niks kos nie. DEBBIE LOOTS het prof. Andrew Huberman se basiese voorstelle opgesom.

AS die idee om jouself elke dag gym toe sleep jou snags wakker hou, is dit dalk nie die regte omgewing vir jou lyf óf geestesgesondheid nie. En albei is van kardinale belang. Vra maar die Amerikaanse neurowetenskaplike prof. Andrew Huberman.

Huberman, wat verbonde is aan die Stanford-universiteit, is een van die wêreld se 15 top-podsenders. Hy glo almal op aarde is geregtig op gratis toegang tot die jongste ontwikkelings in gesondheidswetenskap. Hy bespreek in sy podsendings (wat onder meer op YouTube is) onderwerpe soos wat alkohol aan jou liggaam doen, hoe om van hoofpyn ontslae te raak, hoe om fisieke uithouvermoë te verhoog, meditasie, kreatiwiteit, ensovoorts. (Wat Vrye Tydskrif se redaksie veral van hom aanstaan, is dat hy wetenskap praat, nie ouvroustories nie. – Red.)

Hy het vyf sogenaamde ononderhandelbare pilare vir geestes- en fisieke gesondheid geïdentifiseer. Elk hiervan het ’n impak op jou senuwee- en hormoonstelsel, en beïnvloed ook die verhouding tussen jou brein en ingewande (“gut”). Maar die belangrikste is hoe dit jou laat voel. Huberman noem die positiewe effek wat elk van die aktiwiteite op jou gemoed het sy neurochemikalie-“cocktail” – dit maak jou op en wakker, gee jou meer dryfkrag, verhelder en fokus jou brein, en laat jou lekker slaap...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.